Spreuke 29:9-11

Spreuke 29:9-11 AFR20

As 'n wyse mens betrokke raak in 'n hofsaak met 'n sot, is die sot senuweeagtig en giggel sonder ophou. Mense wat bloed vergiet, haat 'n onberispelike mens; maar opregtes, hulle is begaan oor sy lewe. 'n Dwaas gee vrye teuels aan al sy gevoelens, maar 'n wyse bedwing sy gevoelens uiteindelik.