Spreuke 29:9-11

Spreuke 29:9-11 DB

Dis nie die moeite werd om met ’n dom mens te argumenteer nie. Hy lag jou net uit. Daar kom nie rus nie. Mense wat ander graag seermaak, hou niks van gelowiges nie. Vir hulle wat die Here ken, is die lewe wonderlik. ’n Dom mens verloor oral en altyd sy humeur. ’n Wyse beheer homself.