SPREUKE 20:22-23
SPREUKE 20:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand slegte dinge gedoen het aan jou, dan moet jy nie sê jy sal ook slegte dinge doen aan hom nie, jy moet wag vir die Here, Hy sal jou help. Die Here haat mense wat oneerlik is wanneer hulle dinge weeg, weegskale wat nie reg weeg nie, is nie goed nie.
SPREUKE 20:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help. Twee soorte gewig is vir die HERE 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie goed nie.
SPREUKE 20:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie sê: “Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is” nie; vertrou op die Here, en Hy sal jou help. Die Here het 'n afsku van gewigte wat nou sus en dan so is; 'n skaal wat nie reg weeg nie, is vir Hom nie goed nie.
SPREUKE 20:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie sê, “Ek wil die kwaad vergeld” nie; wag op die HERE, sodat Hy jou help. Twee soorte gewigte is vir die HERE afstootlik, en 'n vals weegskaal is nie goed nie.
SPREUKE 20:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sê nie: Ek sal kwaad vergelde nie; maar wag op die HERE, en Hy sal jou verlos. Verskillende gewigte is vir die HERE 'n gruwel; en 'n valse balans is nie goed nie.