JEREMIA 6:19
JEREMIA 6:19 Die Boodskap (DB)
Die aarde moet ook oplet wat gaan gebeur. Ek gaan my mense slegte dinge laat beleef. Hulle pluk net die vrugte van hulle eie planne. Hulle het hulle nie gesteur aan wat Ek te sê gehad het nie. My opdragte het hulle verwerp.
JEREMIA 6:19 Bybel vir almal (ABA)
en almal in die land, julle moet luister: Ek sal nou hierdie volk straf. Hulle het planne gemaak om slegte dinge te doen, en nou sal slegte dinge met hulle gebeur, want hulle het nie geluister na wat Ek gesê het nie. Hulle het gedink die dinge wat Ek vir hulle leer, is nie belangrik nie.
JEREMIA 6:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, en my wet, dié het hulle verwerp.
JEREMIA 6:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister, aarde! Ek bring onheil oor hierdie volk, hulle sal die vrugte pluk van hulle planne, want hulle het hulle nie aan my woorde gesteur nie, hulle het verwerp wat Ek hulle geleer het.
JEREMIA 6:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Luister, land! Kyk, Ek gaan onheil bring oor hierdie volk – die vrug van hulle planne. Want op my woorde het hulle nie ag geslaan nie, en my wet, dit het hulle verwerp.