EKSODUS 31:12-13
EKSODUS 31:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: ‘Julle moet altyd die Sabbatdag vier. Julle moet dit doen, want dit sal 'n bewys wees van die verbond tussen My en julle. As julle nageslag sien julle doen dit, dan sal hulle weet dat Ek die Here is wat julle gekies het om aan My te behoort.
EKSODUS 31:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
EKSODUS 31:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: Onderhou my sabbatte. Dit is van geslag tot geslag 'n teken tussen My en julle sodat julle kan besef dat Ek, die Here, julle vir My geheilig het.
EKSODUS 31:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Moses gesê: “Jy self moet vir die Israeliete sê, ‘My Sabbatte moet julle beslis onderhou, want dit dien as 'n teken tussen My en julle vir al julle komende geslagte, sodat julle kan weet dat Ek, die HERE, die Een is wat julle heilig.
EKSODUS 31:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek jy ook met die kinders van Israel en sê: Voorwaar, my sabbatte moet julle onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte; sodat julle kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
EKSODUS 31:12-13 Die Boodskap (DB)
Verder het die Here ook nog vir Moses gesê om vir die Israeliete te sê: “Die belangrikste van alles is my rusdae. Julle moet my rusdae hou. Die rusdag is die belangrikste teken oor al die geslagte heen dat daar ’n ooreenkoms tussen My en julle bestaan. Dit is die teken dat Ek die Here is en dat Ek julle my volk gemaak het.
EKSODUS 31:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het verder ook vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê om my Sabbatte te onderhou. Die Sabbat is ’n teken van die ewige verbond tussen My en julle. Dit herinner julle daaraan dat Ek die HERE is wat julle vir My afgesonder het.