EKSODUS 24:15-17
EKSODUS 24:15-17 Die Boodskap (DB)
Terwyl Moses verder teen die berg uitklim, het die donker wolk weer afgesak en oor die berg gaan hang. Die Here was in al sy grootheid op die Sinaiberg. Vir die Israeliete onder die berg het dit gelyk na ’n vuur wat op die top van die berg brand terwyl die Here daar was. Die donker wolk het ses dae lank oor die berg bly hang. Op die sewende dag het die Here uit die wolk gepraat. Hy het Moses nader geroep.
EKSODUS 24:15-17 Bybel vir almal (ABA)
Moses het teen die berg opgegaan, en 'n wolk het oor die hele berg gekom. Die lig wat om die Here, die Koning, is wanneer Hy verskyn, was op Sinai-berg, en die wolk was ses dae lank oor die berg. Op die sewende dag het die Here uit die wolk vir Moses geroep. Dit het vir die Israeliete gelyk soos 'n groot vuur bo-op die berg.
EKSODUS 24:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Moses die berg opklim, het 'n wolk die berg oordek. En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk. En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos 'n verterende vuur op die top van die berg.
EKSODUS 24:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl Moses die berg uitklim, het 'n wolk dit omhul. Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaiberg gebly, en ses dae het die wolk die berg omhul. Op die sewende dag het die Here uit die wolk uit na Moses geroep. Die magtige teenwoordigheid van die Here het vir die Israeliete gelyk soos 'n gloeiende vuur op die berg.
EKSODUS 24:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het die berg uitgeklim en die wolk het die berg bedek. Die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai vertoef en die wolk het die berg ses dae lank bedek. Die HERE het op die sewende dag uit die wolk na Moses geroep. Die heerlikheid van die HERE het vir die Israeliete gelyk soos 'n verterende vuur op die kruin van die berg.
EKSODUS 24:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Moses het op die berg geklim, en 'n wolk het die berg oordek. En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek; en op die sewende dag het Hy Moses uit die wolk geroep. En die aanskoue van die heerlikheid van die HERE was soos 'n verterende vuur op die top van die berg in die oë van die kinders van Israel.
EKSODUS 24:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het daarna teen die berg uitgeklim. Die wolk het oor die berg gehang. Die wonderlike teenwoordigheid van die HERE was op Sinai. Die wolk het ses dae lank oor die berg gehang. Op die sewende dag het die HERE uit die wolk na Moses geroep. Vir die Israeliete onderkant die berg het dit gelyk soos ’n vuur wat bo-op die berg brand.