HOOGLIED 4:1-3

HOOGLIED 4:1-3 AFR83

“Jy is mooi, my liefling, jy is mooi, jou oë is duiwe agter jou sluier. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen die Gileadberge afkom. Jou tande is so wit soos 'n ry pasgeskeerde skape wat nou net skoon gewas is, elkeen met 'n tweeling, nie een sonder 'n lam nie. Jou lippe is soos skarlakenrooi lint, jou mond bekoor my. Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitte agter jou sluier.