HOOGLIED 1:7-17

HOOGLIED 1:7-17 AFR83

“Sê my, jy wat ek liefhet, waar laat jy jou kleinvee wei, waar laat jy hulle rus op die middag? Hoekom moet ek my agter 'n sluier wegsteek en by die veetroppe van jou vriende rondsoek?” “As jy dit nie weet nie, mooiste van al die vroue, loop maar net op die kleinvee se spore en laat jou bokkies wei by die veewagters se tente. “Soos 'n spogperd in die farao se strydwa, so is jy vir my, my liefling, met jou lieflike wange tussen jou oorbelle, jou nek met sy kettinkies om. Ons sal vir jou oorbelle van goud maak, met silwerknoppies daarin.” “So lank die koning op sy rusbank gelê het, het my nardusparfuum se geur versprei. Die man wat ek liefhet, is vir my 'n sakkie mirre wat tussen my borste lê. Die man wat ek liefhet, is vir my 'n bos hennablomme uit die wingerde van En-Gedi.” “Jy is mooi, my liefling, jy is mooi, jou oë is duiwe.” “Jy is mooi, man wat ek liefhet, baie aantreklik. Ons bed is die groen blare, ons huis se balke is die seders, sy daklatte is die sipresse.

Gratis leesplanne en oordenkings oor HOOGLIED 1:7-17