PSALMS 95:1-7

PSALMS 95:1-7 AFR83

Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind, laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange, want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode. Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne. Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm. Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper! Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid