Psalms 95:1-7

Psalms 95:1-7 AFR20

Kom, laat ons voor die HERE jubel, laat ons juig tot eer van die rots wat ons verlos. Laat ons tot Hom nader met dankliedere, met lofgesange juig tot sy eer. Want die HERE is 'n groot God, 'n groot Koning bo al die gode, in wie se hand die dieptes van die aarde is, en aan wie die kruine van die berge behoort, aan wie die see behoort. Ja, Hy het dit gemaak, en die droë grond met sy hande gevorm. Gaan in, laat ons in aanbidding buig en kniel, laat ons op ons knieë staan voor die HERE, ons Maker. Want Hy is ons God en ons is die volk wat Hy laat wei, die kleinvee van sy hand. As julle vandag maar net na sy stem wou luister!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid