PSALMS 95:1-7

PSALMS 95:1-7 NLV

Kom, laat ons sing tot eer van die HERE! Laat ons juig oor die rots van ons redding! Laat ons met lofsange voor Hom kom, Hom met lofliedere besing, want die HERE is ’n groot God, die groot Koning bo alle gode. Die dieptes van die aarde is in sy hand, selfs die toppe van die berge is Syne. Die see is Syne; Hy het dit gemaak. Sy hande het die droë grond gevorm. Kom, laat ons aanbid en neerbuig, en kniel voor die HERE ons Maker, Hy is ons God en ons is sy volk, die skape onder sy sorg. Ag, dat julle vandag na Hom sal luister!