Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. 'n Getuienis van Asaf. 'n Psalm. Luister tog, Herder van Israel, U wat die nageslag van Josef soos 'n kudde lei; U wat oor die gerubs troon, verskyn tog aan ons! Openbaar u mag aan die stamme Efraim, Benjamin en Manasse, kom help ons tog! Laat dit weer met ons goed gaan, o God, verskyn tog tot ons redding! Here, almagtige God, hoe lank nog sal U afsydig staan teenoor die gebed van u volk? U het aan ons trane vir kos gegee en ons 'n beker vol verdriet laat drink. U laat ons bure teen ons veg, en ons vyande lag oor ons. Almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding! U het 'n wingerdstok in Egipte uitgehaal en dit hier kom plant nadat U die nasies uitgedrywe het.
Lees PSALMS 80
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 80:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's