Vir die •musiekleier. Op “Narsings”. 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm. Herder van Israel, luister tog! U wat Josef soos kleinvee lei, U wat oor die gerubs troon – laat skyn tog u lig voor Efraim, Benjamin en Manasse! Laat u mag ontwaak en kom tot ons redding. O God, herstel ons; laat skyn die lig van u aangesig, sodat ons verlos kan word. HERE, God, Heerser oor alle magte, hoe lank gaan u woede nog smeul teen die gebed van u volk? U het hulle brood van trane laat eet; U het hulle trane in oormaat laat drink. U het ons 'n bron van stryd gemaak vir ons bure, ons vyande dryf met ons die spot. O God, Heerser oor alle magte, herstel ons; laat skyn die lig van u aangesig, sodat ons verlos kan word. U het in Egipte 'n wingerdstok uitgetrek; U het nasies verdryf en hom geplant.
Lees Psalms 80
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 80:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's