PSALMS 78:9-11

PSALMS 78:9-11 AFR83

Die Efraimiete was goed gewapen en bedrewe met die boog, maar toe die geveg begin, het hulle gevlug. Hulle het die verbond met God nie gehou nie, en geweier om te lewe soos Hy hulle geleer het. Hulle het vergeet van sy werke, van die wonderdade wat Hy hulle laat sien het.