Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Gedig. Met ons eie ore het ons gehoor, o God, ons vaders het ons dit vertel, dat U in die ou dae, in die gryse verlede, 'n groot daad gedoen het. U het nasies met u eie hand verdryf, maar u volk 'n vaste woonplek gegee. U het nasies se mag verbreek om aan u volk vryheid te gee. Dit is nie met die swaard dat u volk die land in besit geneem het nie, nie deur hulle eie mag dat hulle die oorwinning behaal het nie, maar deur u krag, u mag en u teenwoordigheid, omdat U hulle liefgehad het. U is my koning, o God; gee tog aan Jakob se nageslag die oorwinning. Met u hulp sal ons ons teëstanders verslaan, in u Naam sal ons dié oorwin wat teen ons opstaan. Op my boog vertrou ek nie en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie, want dit is U wat ons die oorwinning oor ons teëstanders gegee het en ons vyande die aftog laat blaas het.
Lees PSALMS 44
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 44:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's