Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. 'n Maskiel . O God, met ons eie ore het ons dit gehoor, ons voorouers het ons vertel van die dade wat U verrig het in hulle tyd, in die ou tyd: U, U het met u eie hand nasies verdryf, maar húlle het U geplant, U het volke geteister, maar húlle het U laat uitbrei. Ja, ons voorouers het nie met hulle swaard 'n land in besit geneem nie; hulle arm het nie aan hulle die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u teenwoordigheid, omdat U hulle goedgesind was. Ú is my koning, my God. Gebied dan die verlossing van Jakob! Met U deurboor ons ons teenstanders; in u Naam trap ons hulle plat wat teen ons opstaan. Want dit is nie my boog waarop ek vertrou nie, en dit is nie my swaard wat my verlos nie. Ja, U verlos ons van ons teenstanders, en U laat hulle wat ons haat, beskaamd staan.
Lees Psalms 44
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 44:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's