PSALMS 44:1-8
PSALMS 44:1-8 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Lied. O God, ons het dit self gehoor, ons voorvaders het dit vir ons vertel. U het iets gedoen toe hulle gelewe het, lank gelede. U het self volke weggejaag en vir u volk 'n woonplek gegee. U het die ander volke laat swaarkry en U het dit goed laat gaan met u volk. Ja, hulle het die land gevat, maar nie omdat hulle goed oorlog kon maak nie, hulle het gewen, maar nie omdat hulle self sterk was nie. Nee, dit was Ú wat sterk was en wat by hulle was, omdat U lief was vir hulle. O God, dit is U wat my Koning is. Wanneer U dit sê, dan sal Jakob wen. As U by ons is, dan sal ons die mense oorwin wat teen ons is. As U ons stuur, dan sal ons die mense plat trap wat oorlog wil maak teen ons. Ja, ek weet, my pyl en boog of my swaard wen nie 'n oorlog vir my nie. Want U het ons gered van ons vyande, U het die mense wat vir ons haat, laat verloor.
PSALMS 44:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. O God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd. U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit. Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het. U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob. Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan. Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie; maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
PSALMS 44:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Gedig. Met ons eie ore het ons gehoor, o God, ons vaders het ons dit vertel, dat U in die ou dae, in die gryse verlede, 'n groot daad gedoen het. U het nasies met u eie hand verdryf, maar u volk 'n vaste woonplek gegee. U het nasies se mag verbreek om aan u volk vryheid te gee. Dit is nie met die swaard dat u volk die land in besit geneem het nie, nie deur hulle eie mag dat hulle die oorwinning behaal het nie, maar deur u krag, u mag en u teenwoordigheid, omdat U hulle liefgehad het. U is my koning, o God; gee tog aan Jakob se nageslag die oorwinning. Met u hulp sal ons ons teëstanders verslaan, in u Naam sal ons dié oorwin wat teen ons opstaan. Op my boog vertrou ek nie en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie, want dit is U wat ons die oorwinning oor ons teëstanders gegee het en ons vyande die aftog laat blaas het.
PSALMS 44:1-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. 'n Maskiel . O God, met ons eie ore het ons dit gehoor, ons voorouers het ons vertel van die dade wat U verrig het in hulle tyd, in die ou tyd: U, U het met u eie hand nasies verdryf, maar húlle het U geplant, U het volke geteister, maar húlle het U laat uitbrei. Ja, ons voorouers het nie met hulle swaard 'n land in besit geneem nie; hulle arm het nie aan hulle die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u teenwoordigheid, omdat U hulle goedgesind was. Ú is my koning, my God. Gebied dan die verlossing van Jakob! Met U deurboor ons ons teenstanders; in u Naam trap ons hulle plat wat teen ons opstaan. Want dit is nie my boog waarop ek vertrou nie, en dit is nie my swaard wat my verlos nie. Ja, U verlos ons van ons teenstanders, en U laat hulle wat ons haat, beskaamd staan.
PSALMS 44:1-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons het met ons ore gehoor, o God, ons vaders het ons vertel watter werk U in hulle dae gedoen het, in die ou tye. Hoe U die nasies met U hand verdryf en hulle geplant het; hoe U die volk verdruk en verdryf het. Want hulle het die land nie deur hulle eie swaard in besit geneem nie, en hulle eie arm het hulle nie gered nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n guns in hulle gehad het. U is my Koning, o God: beveel verlossings vir Jakob. Deur u sal ons ons vyande verdruk; deur u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan. Want ek sal nie op my boog vertrou nie, en my swaard sal my nie red nie. Maar U het ons verlos van ons vyande en die wat ons haters beskaam. In God roem ons die hele dag en loof ons u Naam vir ewig. Sela.
PSALMS 44:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Met ons eie ore het ons gehoor, o God, ons voorouers het ons vertel van alles wat U voorheen gedoen het in die dae lank gelede. U self het die heidense nasies uitgedryf deur u mag en die land aan ons voorouers gegee. U het hulle vyande vernietig, en ons voorouers vrygemaak. Hulle het nie die land met hulle swaarde verower, of die oorwinning deur eie krag behaal nie. Dit was deur u krag, deur u teenwoordigheid en u goedheid, omdat U hulle liefhet. U is my Koning en my God. U bepaal oorwinnings vir Jakob. Ons kan deur u krag ons vyande verslaan en ons aanvallers in u Naam vertrap. Ek steun nie op my boog of op my swaard om my te red nie. Want U gee die oorwinning oor ons vyande; U bring vernedering oor dié wat ons haat.