Psalms 44:1-8

Psalms 44:1-8 ABA

Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Lied. O God, ons het dit self gehoor, ons voorvaders het dit vir ons vertel. U het iets gedoen toe hulle gelewe het, lank gelede. U het self volke weggejaag en vir u volk 'n woonplek gegee. U het die ander volke laat swaarkry en U het dit goed laat gaan met u volk. Ja, hulle het die land gevat, maar nie omdat hulle goed oorlog kon maak nie, hulle het gewen, maar nie omdat hulle self sterk was nie. Nee, dit was Ú wat sterk was en wat by hulle was, omdat U lief was vir hulle. O God, dit is U wat my Koning is. Wanneer U dit sê, dan sal Jakob wen. As U by ons is, dan sal ons die mense oorwin wat teen ons is. As U ons stuur, dan sal ons die mense plat trap wat oorlog wil maak teen ons. Ja, ek weet, my pyl en boog of my swaard wen nie 'n oorlog vir my nie. Want U het ons gered van ons vyande, U het die mense wat vir ons haat, laat verloor.