PSALMS 27:9-11

PSALMS 27:9-11 AFR83

Moet U tog nie vir my verberg nie, moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie, want U was nog altyd my hulp. Moet my tog nie verstoot en verlaat nie, want U alleen is die God wat my red. Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem. Leer my u wil, Here, en lei my op 'n gelyk pad sodat my vyande nie hulle sin kry nie.