PSALMS 20:1-6

PSALMS 20:1-6 AFR83

Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion. Mag Hy al u graanoffers onthou en u brandoffers aanneemlik vind. Sela Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk. Ons sal juig oor u oorwinning en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi. Mag die Here alles gee wat u vra.