Psalms 20:1-6

Psalms 20:1-6 AFR20

Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Mag die HERE u antwoord op die dag van benoudheid; mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy vir u hulp stuur uit die heiligdom, en u uit Sion ondersteun. Mag Hy al u offergawes in gedagte hou, u •brandoffers aanvaarbaar vind. •Sela Mag Hy aan u gee wat u hart verlang, en elkeen van u planne laat slaag. Ons wil juig oor u verlossing, in die Naam van ons God die vaandel hoog hou. Mag die HERE aan al u versoeke voldoen!