PSALMS 20:1-6
PSALMS 20:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mag die HERE, in tye van nood, antwoord op jou roepstem. Mag die Naam van die God van Jakob jou beveilig teen gevaar. Mag Hy jou te hulp snel uit die heiligdom, en uit Sion jou versterk. Mag Hy dink aan al jou graanoffers, en jou brandoffers gunstig aanvaar. Sela Mag Hy jou hartsbegeertes vervul, en al jou planne verwesenlik. Mag ons juig oor u oorwinning, en baniere hys in die Naam van ons God. Mag die HERE al jou gebede verhoor.
PSALMS 20:1-6 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid. Ons bid dat die Here jou sal antwoord op die dag wanneer dit gevaarlik is, ons bid dat die Naam van die God van Jakob jou sal beskerm. Ons bid dat Hy uit die tempel sal kom om jou te help, dat Hy van Sionsberg sal kom en jou sal help. Ons bid dat Hy al jou offers sal onthou, dat Hy sal hou van jou brand-offers. Sela Ons bid dat Hy vir jou sal gee wat jy wil hê, en dat Hy jou planne sal laat slaag. Dan sal ons juig omdat jy jou oorloë wen en ons sal vlae swaai en die Here prys. Ons bid dat die Here vir jou alles sal gee wat jy vra.
PSALMS 20:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm! Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion! Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela. Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul! Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!
PSALMS 20:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion. Mag Hy al u graanoffers onthou en u brandoffers aanneemlik vind. Sela Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk. Ons sal juig oor u oorwinning en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi. Mag die Here alles gee wat u vra.
PSALMS 20:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Mag die HERE u antwoord op die dag van benoudheid; mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy vir u hulp stuur uit die heiligdom, en u uit Sion ondersteun. Mag Hy al u offergawes in gedagte hou, u •brandoffers aanvaarbaar vind. •Sela Mag Hy aan u gee wat u hart verlang, en elkeen van u planne laat slaag. Ons wil juig oor u verlossing, in die Naam van ons God die vaandel hoog hou. Mag die HERE aan al u versoeke voldoen!
PSALMS 20:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE verhoor jou in die dag van benoudheid; die naam van die God van Jakob beskerm jou; Stuur vir jou hulp uit die heiligdom en versterk jou uit Sion; Dink aan al U offergawes en aanvaar U brandoffer; Sela. Gee jou na jou hart en voer al jou raad uit. Ons sal ons verheug oor u verlossing, en in die Naam van onse God sal ons ons vaandels oprig; die HERE vervul al U smekinge. Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; uit sy heilige hemel sal hy hom verhoor met die reddende krag van sy regterhand.
PSALMS 20:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mag die HERE, in tye van nood, antwoord op jou roepstem. Mag die Naam van die God van Jakob jou beveilig teen gevaar. Mag Hy jou te hulp snel uit die heiligdom, en uit Sion jou versterk. Mag Hy dink aan al jou graanoffers, en jou brandoffers gunstig aanvaar. Sela Mag Hy jou hartsbegeertes vervul, en al jou planne verwesenlik. Mag ons juig oor u oorwinning, en baniere hys in die Naam van ons God. Mag die HERE al jou gebede verhoor.