PSALMS 20:1-6

PSALMS 20:1-6 AFR53

VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm! Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion! Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela. Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul! Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!