JEREMIA 30:18-22

JEREMIA 30:18-22 AFR83

So sê die Here: Ek sal die lot van Jakob se woonplekke verander, Ek sal My ontferm oor die streke waar hy woon: sy stad sal uit sy puin herbou word, sy paleis sal staan waar hy hoort. Daar sal lofsange uit hulle kom, feesliedere! Ek sal my volk baie maak, hulle sal nie minder word nie. Ek sal eer aan hulle gee, hulle sal nie geminag word nie. Sy kinders sal weer soos tevore wees, die gemeente in hom sal 'n blywende plek hê in my teenwoordigheid. Ek sal almal straf wat hom verdruk. Sy leier sal een van sy eie mense wees, sy regeerder sal uit sy eie kring kom. Ek sal hom laat nader kom en hy sal na My toe kom. Wie is hy wat sy lewe sal waag om na My toe te kom? sê die Here. Julle sal my volk wees, en Ek sal julle God wees.