JEREMIA 30:18-22

JEREMIA 30:18-22 NLV

Maar die HERE sê: “Wanneer Ek julle terugbring uit ballingskap en julle lot verander, sal Jerusalem herbou word waar nou net bouvalle is. Die paleis sal ook weer soos voorheen lyk. Die mense sal weer vrolik wees en liedere sing omdat hulle dankbaar is. En Ek sal hulle laat vermeerder. Hulle sal ’n groot volk wees, en ander sal hulle respekteer. Dit sal met hulle kinders goed gaan, soos vroeër. Ek sal hulle weer as ’n volk voor My vestig. As iemand sou waag om hulle te onderdruk, sal Ek hulle straf. Een van hulle eie mense sal hulle leier wees, nie ’n vreemdeling nie. Ek sal hom nooi om voor My te kom, want wie kan kom as Ek hom nie genooi het nie?” vra die HERE. “Julle sal my volk wees en Ek sal julle God wees.”