Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.
Lees JESAJA 43
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 43:1-4
5 Days
Breaking Free leads you through a study of the Scriptures to discover the transforming power of freedom in Jesus Christ. Themes for this study come from Isaiah, a book about the captivity of God's children, the faithfulness of God, and the road to freedom.
5 dae
Soms raak mens mismoedig oor die lewe en die "kaarte wat vir jou gedeel is". Ons lees die Woord maar fokus nie regtig nie. Tog help dit om vir 'n oomblik asem te haal en na te dink oor waar jy jou bevind. Baie woorde in gebed of om bladsye te lees, is nie altyd nodig in jou stiltetyd nie. Die opregtheid van jou hart dra baie waarde — gee dít vir die Here.
5 Dae
Dikwels wanneer vooruitsig of hoop kwyn, raak ons klein in gees en postuur. Ons loop kop onderstebo en bou konneksie met die grond. Soms van balans af en wollerig. Ons hart, siel en totale menswees voel stukkend as gevolg van hartseer, trauma, ongewenste gebeure. Maar daar is heling te vind mits jy besluit om die reis saam met God aan te pak.
6 Dag
Almal in die wêreld wil graag gelukkig wees. Dit is onafwendbaar. Maar hoe presies pas ons strewe na geluk met God se strewe om verheerlik te word? Dit is een van die belangrikste vrae wat jy ooit kan vra. En die antwoord mag jou dalk verras.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's