Die Here het jou gemaak, Jakob. Hy het jou ’n volk gemaak, Israel. Hy sê vir jou: Moenie bang wees nie. Ek sal jou red. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My. As jy deur diep water moet gaan, sal Ek by jou wees. As jy oor ’n rivier moet kom, sal die water jou nie wegspoel nie. As jy naby ’n vuur moet verbygaan, sal die hitte jou nie verskroei nie. Die vlamme sal jou nie brand nie. Ek is mos die Here jou God wat vir jou sorg. Die hoë God van Israel red jou. Ek het Egipte ter wille van jou opgeoffer. Ek het Kus en Seba vir jou geruil en hulle gestraf. Ek het ander mense in jou plek laat doodgaan. Ek het ander volke laat doodgaan sodat jy kan bly lewe. Jy is so dierbaar vir My. Jy is belangrik vir My. Ek is baie lief vir jou.
Lees Jesaja 43
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 43:1-4
5 Days
Breaking Free leads you through a study of the Scriptures to discover the transforming power of freedom in Jesus Christ. Themes for this study come from Isaiah, a book about the captivity of God's children, the faithfulness of God, and the road to freedom.
5 dae
Hierdie leesplan wil jou deur die dag-tot-dag lewe bemoedig. Verskeie uitdagings word daagliks ervaar en soms voel dit of ‘n gebed nie genoeg is nie. Deur ervarings te deel en rustig die Woord te lees, kan baie dinge in beter perspektief geplaas word. As gelowiges het ons juis die opdrag ontvang om mekaar te bemoedig. God wíl in elke faset van jou lewe betrokke wees!
Soms raak mens mismoedig oor die lewe en die "kaarte wat vir jou gedeel is". Ons lees die Woord maar fokus nie regtig nie. Tog help dit om vir 'n oomblik asem te haal en na te dink oor waar jy jou bevind. Baie woorde in gebed of om bladsye te lees, is nie altyd nodig in jou stiltetyd nie. Die opregtheid van jou hart dra baie waarde — gee dít vir die Here.
5 Dae
Dikwels wanneer vooruitsig of hoop kwyn, raak ons klein in gees en postuur. Ons loop kop onderstebo en bou konneksie met die grond. Soms van balans af en wollerig. Ons hart, siel en totale menswees voel stukkend as gevolg van hartseer, trauma, ongewenste gebeure. Maar daar is heling te vind mits jy besluit om die reis saam met God aan te pak.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's