GENESIS 49:22-26

GENESIS 49:22-26 AFR83

“Josef is 'n boom wat vrugte dra, 'n vrugteboom by die fontein, sy takke groei oor die omheining. Dié wat met pyl en boog skiet, val hom aan, hulle is baie en hulle is sy vyande. Maar hulle boog misluk elke keer, hulle sterk arms bewe, want die magtige God van Jakob gryp in, die Rots van Israel beskerm hom. Die God van jou vader sal jou help, Josef, die Almagtige sal jou seën, Hy seën jou met reën uit die hemel, met water diep onder die grond uit, met moeders wat hulle kinders voed, met baie kinders. Die seëninge wat jou vader gegee het, is sterk, sterker as dié van die ou-ou berge, as die kosbaarhede van die heuwels wat altyd daar is. Daardie seëninge kom op Josef, op hom wat die leier van sy broers sal wees.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid