Genesis 49:22-26

Genesis 49:22-26 AFR20

“ 'n Vrugbare jong wynstok is Josef, 'n vrugbare jong wynstok langs 'n fontein; die ranke hang oor die putmuur. Hulle het hom uitgetart en op hom geskiet; die boogskutters het hom verwoed teengestaan. Maar sy boog het bestendig gebly, en sy voorarms was behendig, vanweë die hande van die Magtige van Jakob, vanweë die roem van die Herder, die Rots van Israel, vanweë die God van jou vader, sodat Hy jou sou help, ja, God, die Almagtige, sodat Hy jou sou seën met seëninge uit die hemel daarbo, seëninge van die •oerwater wat daar onder lê, seëninge van borste en moederskoot. Die seëninge van jou Vader oortref die seëninge van die ewige berge, die begeerlikhede van die oeroue heuwels. Mag dit rus op die kop van Josef, op die hoof van die prins onder sy broers.

Video for Genesis 49:22-26