Genesis 49:22-26

Genesis 49:22-26 DB

“Josef is ’n vrugbare boom wat by die fontein groei. Sy takke groei oor die muur. Sy vyande het hom met alle mag aangeval en hom met hulle pyle en boë agtervolg. Daar het egter niks van gekom nie, want hulle boë was te styf en hulle arms te bewerig. Jakob se sterk God het Josef bewaar. Israel se Herder en Beskermer was heeltyd by Josef. Josef, dit is my God wat jou so help. Dit is die almagtige God wat jou seën sodat dit altyd by jou sal reën, sodat daar genoeg water vir putte en fonteine sal wees en sodat jou vee en kinders sal vermeerder. Josef, jy sal die goeie dinge van die lewe ontvang: goeie koringoeste en groen weivelde, ryp gesaaides soos in die ou tyd, mooi en vrugbare heuwels. Mag al hierdie woorde waar word, want Josef is anders as sy broers en hy sal hulle lei.

Video for Genesis 49:22-26