EKSODUS 38:25-28

EKSODUS 38:25-28 AFR83

Die silwer afkomstig van die volk wat vroeër getel is, bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom, was drie duisend vier honderd sewe en veertig kilogram. Volgens die standaardgewig van die heiligdom is dit ongeveer ses gram per kop vir elkeen van twintig jaar en ouer wat vroeër getel is: daar was toe ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig man. Daar is drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram silwer gebruik vir die giet van die voetstukke vir die style van die heiligdom en sy afskortings. Uit die drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram is honderd voetstukke gegiet, vier en dertig en 'n kwart kilogram per voetstuk. Daar is twintig kilogram silwer gebruik vir die kramme en gordynstokke van die style, asook vir die oortrek van die kopstukke.

Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 38:25-28

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid