EKSODUS 38:25-28
EKSODUS 38:25-28 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het die silwer gekry toe hulle die Israeliete getel het. Dit was 100 talente en 1 775 tempel-sikkels silwer. Elke man wat 20 jaar of ouer as 20 jaar was, moes 'n halwe tempel-sikkel silwer gee. Daar was 603 550 mans. Die ambagsmanne het 100 talente silwer gebruik om die tempel-tent se voetstukke en die gordyn se voetstukke te maak. Hulle het 100 voetstukke gemaak. Hulle het een talent silwer vir elke voetstuk gebruik. Daar het 1 775 tempel-sikkels silwer oorgebly. Hulle het dit gebruik om die hake vir die pale te maak. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer en hulle het dit aan mekaar vasgemaak.
EKSODUS 38:25-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; 'n beka vir elke persoon, dit is 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlik seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig man. En die honderd talente silwer het gedien om die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, 'n talent vir 'n voetstuk. Maar van die duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak, en hy het hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien.
EKSODUS 38:25-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die silwer afkomstig van die volk wat vroeër getel is, bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom, was drie duisend vier honderd sewe en veertig kilogram. Volgens die standaardgewig van die heiligdom is dit ongeveer ses gram per kop vir elkeen van twintig jaar en ouer wat vroeër getel is: daar was toe ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig man. Daar is drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram silwer gebruik vir die giet van die voetstukke vir die style van die heiligdom en sy afskortings. Uit die drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram is honderd voetstukke gegiet, vier en dertig en 'n kwart kilogram per voetstuk. Daar is twintig kilogram silwer gebruik vir die kramme en gordynstokke van die style, asook vir die oortrek van die kopstukke.
EKSODUS 38:25-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die silwer van die geteldes van die volksvergadering was 100 kikkar en 1 775 sikkel, volgens die standaardgewig van die heiligdom. Dit was 'n beka per kop, 'n halfsikkel volgens die standaardgewig van die heiligdom, vir elkeen vanaf twintig jaar en ouer wat getel is, altesaam 603 550 man. Die 100 kikkar silwer was vir die giet van die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel – 100 voetstukke van die 100 kikkar, 'n kikkar per voetstuk. Van die 1 775 sikkel het hy hakies vir die staanders gemaak, hulle bopunte bedek en van hegplekke voorsien.
EKSODUS 38:25-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend sewe honderd vyf en sestig sikkels, volgens die sikkel van die heiligdom; 'n beka vir elke man, dit is 'n halwe sikkel, volgens die sikkel van die heiligdom, vir elkeen wat gegaan het om getel te word, van twintig jaar oud en daarbo, ses honderd duisend drie duisend vyf honderd en vyftig man. En van die honderd talente silwer is die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel gegiet; honderd voetstukke van die honderd talente, 'n talent vir 'n voetstuk. En van die duisend-sewehonderd vyf-en-sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak en hulle kapiteins oorgetrek en dit gevul.
EKSODUS 38:25-28 Die Boodskap (DB)
Die silwer wat bymekaargemaak is toe die volk getel is, was 3 400 kilogram plus nog twintig en ’n vyfde kilogram. Toe die volk getel is, moes elke man bo twintig wat getel is, ses gram silwer betaal. Daar is in die sensus 603 550 mans getel. Die 100 stawe silwer is gebruik om die 100 voetstukke vir die regop pale te giet, dit wil sê 34 kilogram per voetstuk. Die twintig en ’n vyfde kilogram is gebruik vir die hakies en die gordynstokke en om die bopunte van die pale oor te trek.
EKSODUS 38:25-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die silwer wat bymekaargemaak is toe die volk getel is, was altesaam 3 447 kilogram volgens die standaardgewig van die heiligdom. Toe hulle getel is, moes elke man bo twintig ses gram silwer betaal. In die sensus is 603 550 mans getel. Om die 100 voetstukke vir die regop pale van die binnehof te maak, is 100 stawe silwer gebruik. Dit was 34 kilogram vir elke voetstuk. Van die silwer wat oor was, is die hakies en die relings gemaak en die bokante van die regop pale oorgetrek.