Eksodus 38:25-28

Eksodus 38:25-28 ABA

Hulle het die silwer gekry toe hulle die Israeliete getel het. Dit was 100 talente en 1 775 tempel-sikkels silwer. Elke man wat 20 jaar of ouer as 20 jaar was, moes 'n halwe tempel-sikkel silwer gee. Daar was 603 550 mans. Die ambagsmanne het 100 talente silwer gebruik om die tempel-tent se voetstukke en die gordyn se voetstukke te maak. Hulle het 100 voetstukke gemaak. Hulle het een talent silwer vir elke voetstuk gebruik. Daar het 1 775 tempel-sikkels silwer oorgebly. Hulle het dit gebruik om die hake vir die pale te maak. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer en hulle het dit aan mekaar vasgemaak.

Video for Eksodus 38:25-28

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 38:25-28