Eksodus 38:25-28

Eksodus 38:25-28 AFR20

Die silwer van die geteldes van die volksvergadering was 100 kikkar en 1 775 sikkel, volgens die standaardgewig van die heiligdom. Dit was 'n beka per kop, 'n halfsikkel volgens die standaardgewig van die heiligdom, vir elkeen vanaf twintig jaar en ouer wat getel is, altesaam 603 550 man. Die 100 kikkar silwer was vir die giet van die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel – 100 voetstukke van die 100 kikkar, 'n kikkar per voetstuk. Van die 1 775 sikkel het hy hakies vir die staanders gemaak, hulle bopunte bedek en van hegplekke voorsien.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 38:25-28

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid