Ek het goed nagedink om vas te stel wat dit is om wysheid te hê of om nie wysheid en kennis te hê nie. Wat anders kan 'n koning se opvolger doen as wat reeds gedoen is? Dit het ek wel ingesien dat dit 'n mens meer baat om wysheid te hê as om dit nie te hê nie, net soos lig 'n mens meer baat as duisternis. Die wyse weet wat hy doen, vir die dwaas is daar net donkerte, maar dit weet ek: een en dieselfde lot tref albei. Ek het by myself gedink: die lot van die dwaas sal my ook tref, wat help dit my dan dat ek soveel wysheid het? En ek het vir myself gesê: Ook dit kom tot niks. Die wyse sal net so min as die dwaas altyd onthou word. In tye wat kom, word alles vergeet. Die wyse sterf net soos die dwaas!
Lees PREDIKER 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: PREDIKER 2:12-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's