Prediker 2:12-16

Prediker 2:12-16 AFR20

Ek het daaraan aandag geskenk om insig te kry in wysheid, in domheid en dwaasheid: Wat sal die een doen wat die koning opvolg? Dit wat reeds gedoen is! Ek het ingesien dat daar 'n voordeel is aan wysheid bo dwaasheid, soos die lig 'n voordeel is bo die duisternis. Die wyse het oë in sy kop, maar die dwaas verkeer in die duister. Ek het egter ook besef dat dieselfde lot beide tref. Toe het ek in my hart gesê: Die lot van die dwaas sal my ook tref. Waarom is ek dan buitengewoon wys? Ek het vir myself gesê dat ook dit sinloos is. Daar is immers geen blywende herinnering aan die wyse nie, net so min as aan die dwaas. In die dae wat kom sal alles lank reeds vergete wees. Ag, hoe sterf die wyse net soos die dwaas!