Hooglied 7:1-9

Hooglied 7:1-9 DB

Hoe wondermooi is jy tog nie! Hoe fraai en fyn lyk jou voete nie in jou sandale nie. Jou heupe se rondings is die werk van kunstenaarshande. Jou naeltjie is so verruklik soos ’n beker vol wyn. Jou maag is so mooi soos ’n hoop koring met lelies omring. Jou borste is soos twee bokkies, die tweeling van ’n ribbok. Jou nek is so slank soos ’n ivoortoring. Jou oë is so helder soos die poele naby die poorte van Hesbon. Jou neus is soos die toring van Libanon van waar ’n mens Damaskus kan sien. Jou kop is soos die Karmel en jou hare se vlegsels soos die fynste satyn. Dit is so mooi dat jy selfs die koning bekoor. Hoe wondermooi is jy tog nie en hoe volmaak die genot van jou liefde. Jy is so lieflik en slank soos ’n palmboom en jou borste is soos dadeltrosse. Ek het vir myself gesê dat ek nog in hierdie palm wil klim en van sy vrugte wil pluk. Jou borste is soos twee druiwetrosse en jou asem ruik na appels. Jou mond proe soos die edelste wyn wat saggies oor my lippe en tande vloei.