Hooglied 7:1-9

Hooglied 7:1-9 AFR20

Hoe mooi is jou voete in jou sandale, dogter van 'n edele. Die kurwes van jou heupe is soos ornamente – die werk van kunstenaarshande! Jou naeltjie is 'n ronde kelk – mag dit vol kruiewyn bly. Jou maag is 'n hopie koring, met narsings omsoom. Jou borste is soos twee jong bokkies, die tweeling van 'n ribbokooi. Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou oë soos die poele by Gesbon, by die poort van Bat-Rabbim. Jou neus is soos die toring van Libanon wat uitkyk oor Damaskus. Jou kop is soos Karmel, jou los hare soos purperstof – 'n koning raak verstrengel in die lokke. Hoe mooi, hoe lieflik is jy, liefling, hoe verruklik! Jou gestalte is soos 'n palmboom, jou borste soos druiwetrosse. Ek het gedink: Ek wil teen die palmboom opklim en sy dadelpluime pluk. Mag jou borste soos trosse druiwe wees, die geur van jou asem soos appels, en jou mond soos die beste wyn ...