Hooglied 6:4-10

Hooglied 6:4-10 DB

My liefste, jy is so asemrowend soos Jerusalem, so mooi soos die stad Tirsa en so indrukwekkend soos ’n weermag met swaaiende vaandels. Kyk weg van my, my liefste, want jou oë verkrummel al my weerstand. Jou mooi golwende hare lyk soos bokke wat teen die heuwels van Gilead afhuppel. Jou tande is so wit soos ’n trop skape wat so pas gewas is. Bo en onder pas elke tand op mekaar. Jou wange gloei agter jou sluier soos twee rooi granate. Al is daar 60 vroue, almal koninginne, of 80 byvroue of talle ander jong vroue om my, dan kies ek jóú nog bo almal, my liefste. Jy is jou ma se lieflingskind en die mooiste van alle vroue. Koninginne, byvroue en jongmeisies moet jou skoonheid prys. “Wie is sy?” sal hulle vra. “Sy is so verruklik soos die vroeë oggend, so wondermooi soos die volmaan, so stralend soos die gloeiende middagson en so asemrowend soos soldate wat hulle baniere rondswaai.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Hooglied 6:4-10