Hooglied 6:4-10

Hooglied 6:4-10 AFR20

Jy is mooi, my liefling, soos Tirsa, pragtig soos Jerusalem, indrukwekkend soos vaandeldraers. Wend jou oë af van my, want hulle ontsenu my. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen Gilead afstroom. Jou tande is soos 'n kudde ooie wat van die drinkplek af opkom, almal tweelinge, nie een van hulle op sy eie nie. Agter jou sluier is jou slape soos 'n oopgebreekte granaat. Al is daar sestig koninginne, tagtig byvroue, en ontelbare jong vroue, my duif, my volmaakte, is enig. Enig is sy vir haar ma, die gunsteling van die een wat haar in die wêreld gebring het. Die meisies sien haar raak en noem haar gelukkig; die koninginne en byvroue sien haar raak en prys haar. Wie is dit wat daar verskyn soos die dagbreek, mooi soos die volmaan, helder soos die son, indrukwekkend soos vaandeldraers?

Gratis leesplanne en oordenkings oor Hooglied 6:4-10