HOOGLIED 6:4-10

HOOGLIED 6:4-10 NLV

“My minnaar, jy is so mooi soos Tirsa, net so pragtig soos Jerusalem. Jy is so indrukwekkend soos ’n afdeling soldate wat die vaandel dra. Moenie in my oë kyk nie, want dit oorweldig my. Jou hare is soos ’n trop bokke wat afkom teen die Gileadberge. Jou tande is so wit soos skape wat nou net gewas is. Elkeen het tweelinge en nie een is alleen nie. Jou wange agter jou sluier is soos skywe granate. Ek kan 60 koninginne, 80 byvroue, selfs ontelbare jong vroue tot my beskikking hê, maar ek kies nog steeds net my duif, want my volmaakte is uniek. Sy is haar ma se enigste dogter, die appel van haar oog. As die jong meisies haar sien, bewonder hulle haar. Selfs koninginne en byvroue besing haar lof. Hulle vra: ‘Wie is dit wat uitkom soos die vroeë oggendlig, wat helder skyn soos die maan, skitter soos die son, indrukwekkend is soos soldate wat die vaandels dra?’

Gratis leesplanne en oordenkings oor HOOGLIED 6:4-10

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid