Toe het ek weer ’n groot skare hoor skree. Dit het soos ’n geweldige storm geklink met donderslae en reën wat neergiet: “Halleluja, prys God! Daar is niks wat die Here, ons God, nie kan doen nie. Hy heers oor almal. “Laat ons vrolik feesvier. Laat ons uitbundig van vreugde oorloop. Laat ons vir almal vertel hoe groot en belangrik God is. Ons het goeie rede. Die troudag van die Lam is hier! Sy bruid het haar pragtig reggemaak. “God het vir haar die mooiste wit rok gegee om aan te trek. Dit is van die fynste, kosbaarste, witste materiaal gemaak wat jy jou maar kan voorstel. Hierdie kosbare materiaal is eintlik gemaak van al die regte en goeie dinge wat God se mense gedoen het.” En die engel sê toe vir my: “Skryf! Party mense is baie gelukkig. Dit is elkeen wat na die bruilofsfees van die Lam uitgenooi is. Daaraan hoef niemand te twyfel nie. Dit is absoluut waar, want God self sê dit.”
Lees Openbaring 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 19:6-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's