Ek het toe iets gehoor soos die geluid van ’n baie groot skare, soos die gedruis van baie waterstrome en soos die gerammel van swaar donderweer. Hulle het aanhou uitroep: “Halleluja! Die Here heers as koning, ons God, die Almagtige, laat ons juig en jubel en aan Hom eer betoon, want die tyd het aangebreek vir die bruilof van die Lam, en sy bruid het haarself daarop voorberei. Sy is toegelaat om fyn, helder skoon linne aan te trek.” Die fyn linneklere is die regverdige dade van hulle wat aan God toegewy is. Die engel het toe vir my gesê: “Skryf: Geseënd is hulle wat na die bruilofsfees van die Lam uitgenooi is.” Hy sê toe ook aan my: “Die woorde wat van God af kom, is betroubaar.”
Lees OPENBARING 19
Luister na OPENBARING 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: OPENBARING 19:6-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's