En ek het iets gehoor soos die klank van 'n groot skare, en soos die klank van baie waters, en soos die klank van swaar donderslae wat uitroep: “Halleluja! Die Here, ons God, die Almagtige, het sy koningskap opgeneem. Laat ons bly wees en jubel, en aan Hom die heerlikheid gee, want die •bruilofsfees van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar gereedgemaak. En sy is toegelaat om blink klere van suiwer, fyn linne aan te trek. Want dié linne is die regverdige dade van die heiliges. ” Toe sê die engel vir my: “Skryf dit neer: ‘Gelukkig is hulle wat uitgenooi is na die bruilofsfees van die Lam.’ ” Hy het ook vir my gesê: “Hierdie woorde van God is waar.”
Lees Openbaring 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 19:6-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's