So sal dit wees, so lank as wat daar ’n son in die hemel is.” Maar U het tog kwaad geword vir die een wat U as koning aangestel het. U het hom nou alleen gelaat. U het u ooreenkoms met u dienaar opgehef en sy kroon in die stof laat val. Van sy huis en vestings is niks meer oor nie, net ’n hoop rommel. Hy word besteel deur elke Jan Rap en sy maat wat daar verbykom. Die mense rondom hom lag hom uit. Sy vyande het gewen. Hulle het van blydskap geskreeu. Hy kon nie meer ’n geveg wen nie. Sy wapens het ook nie meer gehelp nie. Hy het ’n niks geword. Sy koningskap en regering was daarmee heen. Sy troon is vernietig. Hy het voor sy tyd oud geword. Hy moes deur die lewe gaan met sy kop in skaamte gesak. Hoe lank sal U nog kwaad bly, o Here? Hoe lank nog sal U niks met hom te doen wil hê nie? Onthou, die lewe van die mense wat U gemaak het, is maar kort. Ons is almal mense wat doodgaan. Wie sal die dood kan vryspring? Wie kan homself van die dood red? Here, waar is u goedheid en liefde heen? U het tog beloof dat U altyd vir Dawid lief sal bly en goed vir hom sal wees. Here, dink asseblief aan die mense wat U dien. Kyk hoe sleg gaan dit met hulle en hoe skaam kry hulle voor die ander mense. Daardie mense wat ons so spot en skaam laat kry, is u vyande. Hulle spot die koning wat U self aangestel het.
Lees Psalms 89
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 89:38-52
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's