Psalms 78:23-29

Psalms 78:23-29 DB

Hy het vir die wolke gesê: “Gaan oop!” Hy het die deure van die hemel oopgemaak. Hy het arms vol kos op hulle laat neerreën uit die hemel: manna, hemelse brood! Skielik het gewone mense dieselfde kos as engele in die hemel geëet. Elke dag was daar oorgenoeg kos vir almal. God het dit gestuur. Hy het ook die oostewind laat opkom en met die suidewind gepraat, toe val daar skielik voëls soos stof uit die lug op hulle af, ’n oorvloed vleis, so baie soos die sand van die see. Boonop het God hierdie voëls bo-op die volk se staanplek laat val, sommer tussen hulle tente. Die mense kon hulle honger heerlik stil. Daar was meer as genoeg vir elkeen. Hulle kon meer as genoeg eet.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid