PSALMS 78:23-29
PSALMS 78:23-29 Bybel vir almal (ABA)
Hy het wolke van bo af gestuur en Hy het die deure van die hemeldak oopgemaak. Hy het manna op hulle laat reën sodat hulle dit kon eet. Hy het vir hulle brood uit die hemel gegee. Mense het brood van engele geëet, God het vir hulle kos gestuur, meer as genoeg. Hy wat sterk is, het die wind laat waai uit die ooste en uit die suide. Hy het vleis op hulle laat reën, dit was voëls, so baie soos stof, so baie soos die sand by die see. Die voëls het binne-in die kamp geval, rondom hulle tente. Hulle het geëet en meer as genoeg gekry, God het vir hulle die kos gebring waarvoor hulle lus was.
PSALMS 78:23-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak; en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee. Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur. Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer; en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë; en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings. Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig.
PSALMS 78:23-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het die wolke daarbo gebied en die deure van die hemel oopgemaak: Hy het manna op hulle laat reën, uit die hemel kos aan hulle gegee om te eet. Van hierdie brood uit die hemel het elkeen geëet. God het vir hulle oorgenoeg kos gestuur. Hy het die oostewind laat opsteek en deur sy krag die suidewind laat waai. Soos sandkorrels, so baie voëls het Hy op hulle laat reën, voëls so volop soos die sand van die see. Hy het dit in die kamp rondom hulle tente laat val. Hulle het geëet, meer as genoeg, Hy het vir hulle gegee wat hulle gevra het.
PSALMS 78:23-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak. Hy het manna om te eet op hulle laat reën, koring van die hemel het Hy aan hulle gegee, die brood van engele – mense het dit geëet. Padkos het Hy vir hulle gestuur – tot versadiging toe. Hy het die oostewind in die hemel laat losbars; en deur sy krag die suidewind laat waai. Hy het vleis soos stof op hulle laat neerreën, vlieënde voëls soos die sand van die oseane. Hy het dit binne-in sy kamp laat val, reg rondom sy verblyfplek. Hulle het geëet en was heeltemal versadig; Hy het wat hulle begeer het, vir hulle gebring.
PSALMS 78:23-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al het Hy die wolke van bo af beveel en die deure van die hemel oopgemaak, En hy het manna op hulle laat reën om te eet en hulle van die hemelkorrel gegee. Die mens het engele se kos geëet: hy het vir hulle vleis oorgedra. Hy het 'n oostewind in die hemel laat waai, en deur sy krag het hy die suidewind ingebring. Hy het ook vleis op hulle laat reën soos stof, en geveerde voëls soos die sand van die see. En hy het dit in die middel van hulle laer laat val, rondom hulle woonplekke. En hulle het geëet en was goed versadig, want Hy het hulle hul eie begeerte gegee
PSALMS 78:23-29 Die Boodskap (DB)
Hy het vir die wolke gesê: “Gaan oop!” Hy het die deure van die hemel oopgemaak. Hy het arms vol kos op hulle laat neerreën uit die hemel: manna, hemelse brood! Skielik het gewone mense dieselfde kos as engele in die hemel geëet. Elke dag was daar oorgenoeg kos vir almal. God het dit gestuur. Hy het ook die oostewind laat opkom en met die suidewind gepraat, toe val daar skielik voëls soos stof uit die lug op hulle af, ’n oorvloed vleis, so baie soos die sand van die see. Boonop het God hierdie voëls bo-op die volk se staanplek laat val, sommer tussen hulle tente. Die mense kon hulle honger heerlik stil. Daar was meer as genoeg vir elkeen. Hulle kon meer as genoeg eet.
PSALMS 78:23-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het die wolke daarbo beveel, die hemele se deure oopgemaak, Hy het manna op hulle laat reën om te eet, uit die hemel brood vir hulle gegee. Kos van engele het hulle geëet, kos in oorvloed het God gegee. Hy het die oostewind uit die hemel losgelaat, en deur sy groot krag die suidewind laat waai. Hy het vleis oor hulle soos sand laat reën, voëls soos die sand van die seestrand. Hy het dit in hulle kamp laat val, oral rondom hulle tente. Hulle het meer as genoeg geëet. Hy het gegee wat hulle gevra het.