Psalms 78:23-29

Psalms 78:23-29 AFR20

Hy het die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak. Hy het manna om te eet op hulle laat reën, koring van die hemel het Hy aan hulle gegee, die brood van engele – mense het dit geëet. Padkos het Hy vir hulle gestuur – tot versadiging toe. Hy het die oostewind in die hemel laat losbars; en deur sy krag die suidewind laat waai. Hy het vleis soos stof op hulle laat neerreën, vlieënde voëls soos die sand van die oseane. Hy het dit binne-in sy kamp laat val, reg rondom sy verblyfplek. Hulle het geëet en was heeltemal versadig; Hy het wat hulle begeer het, vir hulle gebring.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid