Daar is duisende wilde diere wat Myne is. Ja, al die beeste wat jy op die berge sien wei, behoort aan My. Die voëls wat vlieg en die diertjies wat in die veld kruip, is almal Myne. Sê nou Ek is honger, sou Ek vir jou kos vra? Nee, want alles in die wêreld behoort aan My. Ek het nie jou bokke of beeste nodig nie. Ek benodig nie hulle vleis en hulle bloed nie. Wat Ek wel wil hê, is dat jy met jou lewe vir My dankie moet sê. Gee en doen vir My, die Allerhoogste, wat jy belowe het. As jy probleme het, roep My om te help en Ek sal jou help. En jy moet vir My dankie sê.”
Lees Psalms 50
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 50:10-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's