PSALMS 50:10-15
PSALMS 50:10-15 Die Boodskap (DB)
Daar is duisende wilde diere wat Myne is. Ja, al die beeste wat jy op die berge sien wei, behoort aan My. Die voëls wat vlieg en die diertjies wat in die veld kruip, is almal Myne. Sê nou Ek is honger, sou Ek vir jou kos vra? Nee, want alles in die wêreld behoort aan My. Ek het nie jou bokke of beeste nodig nie. Ek benodig nie hulle vleis en hulle bloed nie. Wat Ek wel wil hê, is dat jy met jou lewe vir My dankie moet sê. Gee en doen vir My, die Allerhoogste, wat jy belowe het. As jy probleme het, roep My om te help en Ek sal jou help. En jy moet vir My dankie sê.”
PSALMS 50:10-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want aan My behoort al die wild in die bos, die diere op 'n duisend berge. Ek ken al die voëls op die berge en die insekte van die veld is aan My bekend. As Ek honger word, sal Ek jou nie sê nie, want die wêreld en die volheid daarvan is myne. Eet Ek die vleis van bulle, en die bloed van bokramme, drink Ek dit? Offer dank aan God, betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. Roep My aan in 'n tyd van nood; Ek sal jou red, en jy sal My eer.”
PSALMS 50:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld, is Myne. Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie, want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My. Eet Ek miskien die vleis van die bulle wat julle offer, of drink Ek die bloed van bokke? Lof is die offer wat jy aan God moet bring. Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
PSALMS 50:10-15 Bybel vir almal (ABA)
want al die wilde diere in die bos en die diere op duisende berge is Myne. Ek ken al die voëls op die berge, en al die baie diertjies in die veld behoort aan My. Wanneer Ek honger word, dan sal Ek nie vir julle kos vra nie, want die wêreld en alles daarop is Myne. Ek eet nie die vleis en Ek drink nie die bloed van die bulle en bokke wat julle offer nie. Nee, die offer wat jy vir God moet bring, is dit: Jy moet vir Hom dankie sê vir alles. En jy moet doen wat jy belowe het aan My, die Hoogste God. Jy moet tot My bid wanneer dit sleg gaan. Ek sal jou red, en jy sal My eer.”
PSALMS 50:10-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid. Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink? Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
PSALMS 50:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld, is Myne. Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie, want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My. Eet Ek miskien die vleis van die bulle wat julle offer, of drink Ek die bloed van bokke? Lof is die offer wat jy aan God moet bring. Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
PSALMS 50:10-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want aan My behoort al die wild in die bos, die diere op 'n duisend berge. Ek ken al die voëls op die berge en die insekte van die veld is aan My bekend. As Ek honger word, sal Ek jou nie sê nie, want die wêreld en die volheid daarvan is myne. Eet Ek die vleis van bulle, en die bloed van bokramme, drink Ek dit? Offer dank aan God, betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. Roep My aan in 'n tyd van nood; Ek sal jou red, en jy sal My eer.”
PSALMS 50:10-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want al die diere van die woud is myne, en die vee op duisend heuwels. Ek ken al die voëls van die berge, en die wilde diere van die veld is myne. As ek honger was, sou ek dit nie vir jou sê nie, want die wêreld is myne en die volheid daarvan. Sal ek die vleis van bulle eet of die bloed van bokke drink? Offer aan God danksegging; en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. En roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou red, en jy moet My eer.
PSALMS 50:10-15 Die Boodskap (DB)
Daar is duisende wilde diere wat Myne is. Ja, al die beeste wat jy op die berge sien wei, behoort aan My. Die voëls wat vlieg en die diertjies wat in die veld kruip, is almal Myne. Sê nou Ek is honger, sou Ek vir jou kos vra? Nee, want alles in die wêreld behoort aan My. Ek het nie jou bokke of beeste nodig nie. Ek benodig nie hulle vleis en hulle bloed nie. Wat Ek wel wil hê, is dat jy met jou lewe vir My dankie moet sê. Gee en doen vir My, die Allerhoogste, wat jy belowe het. As jy probleme het, roep My om te help en Ek sal jou help. En jy moet vir My dankie sê.”
PSALMS 50:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want al die diere van die bos is Myne, ook die wild op duisende berge. Ek ken elke voël op die berge; al wat roer in die veld is Myne. Sou Ek honger wees, sal Ek jou dit nie sê nie, want aan My behoort die aarde en alles daarop. Eet Ek dalk die vleis van bulle, of drink Ek die bloed van bokke? Offer dankoffers aan God, en betaal jou geloftes aan Hom die Allerhoogste. Roep na My in die dag van nood. Ek sal jou verlos en jy sal My eer.”